Wat is ernstige siekte/trauma dekking?

Ernstige siekte/trauma dekking betaal 'n enkelbedrag uit indien 'n traumatiese gebeurtenis gediagnoseer is. 'n Wagtydperk van tot 14 dae is van toepassing voordat 'n eis erken word.

Watter soort ernstige siektedekkings is beskikbaar?

Ernstige Siekte - Bloemfontein Makelaar

  1. Basiese ernstige siektedekking:
    Die voordeel betaal ten volle uit indien 'n hartaanval, beroerte, kanker, of kroonslagaar-omleiding gediagnoseer is. Slegs een eis is toelaatbaar en na betaling verval die ernstige siektedekking.

  2. Omvattende ernstige siektedekking:
    Die voordeel betaal die basiese voordeel uit plus nog ander gebeurtenisse soos byvoorbeeld ernstige brandwonde, breinvliesontstekeking, parkinson se siekte, alzheimer ens. gediagnoseer is. Slegs een eis is toelaatbaar en na betaling verval die ernstige siektedekking.

  3. Ernstige siektedekking Plus voordeel:
    Die voordeel herstel jou ernstige siektedekking versekering na 'n eis wat uitbetaal is. Slegs die gebeurtenis waarvoor jy 'n eis ingedien het word uit die nuwe kontrak verwyder.

Waarom moet ek ernstige siekte/trauma dekking uitneem?

Hospitaal kostes is baie duur en jou mediese fonds betaal in sekere gevalle nie die kostes ten volle nie. Ernstige siektedekking betaal in kontant uit en dit dan die ekstra kostes wat jy moet aangaan dek. Indien jy wel 'n familie geskiedenis van hartaanvalle of kanker het is dit raadsaam om vroegtydig ernstige siektedekking by jou bestaande portefeulje te voeg. Ernstige siektedekking betaal uit al kan jy jou werk nog verrig soos byvoorbeeld na 'n hartaanval.

Hoeveel ernstige siekte/trauma dekking moet ek uitneem?

Dit is baie moeilik om te bepaal hoeveel dekking jy benodig. Indien jy vir jou self werk kan ernstige siektedekking ook jou uitgawes betaal indien jy vir 'n paar maande sonder 'n inkomste is as gevolg van 'n traumatiese gebeurtenis. Daar is ook 'n nie verpligte opsie om jou ernstige siektedekking jaarliks saam met inflasie of teen 'n vaste persentasie koers te laat groei. Die lewe raak duurder en dit is wys indien jou ernstige siektedekking saam met inflasie tred hou.

Wat kos ernstige siekte/trauma dekking?

Die bedrag wat ernstige siektedekking kos word bereken volgens die risiko wat die versekerde persoon vir die versekerings maatskappy inhou. 'n Premie vir ernstige siektedekking word bepaal volgens jou ouderdom, gesondheid, geslag, beroep, kwalifikasies en rook gewoontes. Jy het wel 'n opsie om jou aanvanklike premie van jou ernstige siektedekking goedkoper te maak deur 'n verpligte jaarlikse groei uit te neem. Dit is gewoonlik 5% per jaar. Aanvanklik is die premie goedkoper maar oor die lang termyn is die premie duurder as die een sonder die verpligte groei.

Die premie is ook goedkoper indien jy die ernstige siektedekking slegs vir 'n kort termyn uitneem en nie vir lewenslank nie. Indien jy lewensdekking by die polis gevoeg het kan jy die ernstige siektedekking as 'n versneller saam met die lewensdekking plaas wat goedkoper kos. Jy moet net besef dat indien jy 'n eis onder ernstige siektedekking het dan word die bedrag wat uitbetaal van die lewens dekking afgetrek. As die lewensdekking en die ernstige siektedekking die selfde bedrag was dan verval die lewensdekking op jou polis.