Wat is Begrafnisversekering?

Begrafnis versekering is 'n voordeel wat uitbetaal indien die versekerde lewe tot sterwe kom as gevolg van 'n ongeluk of 'n siekte.

Watter soort begrafnisversekering is beskikbaar?

  1. Hele lewens begrafnisversekering:
    Die begrafnisversekering dek jou lewe tot wanner jy sterf.

  2. Termyn begrafnisversekering:
    Termyn begrafnisversekering dek jou vir 'n bepaalde termyn. Die versekering is goedkoper maar jy moet net onthou dat indien jy na die termyn tot sterwe kom dan betaal niks uit†nie.

  3. Gesin begrafnis versekering:
    'n Begrafnisversekering maak voorsiening dat jy jou familie, kinders, ouers, broer, suster en skoonouers op jou begrafnis versekering kan byvoeg teen 'n ekstra premie.

Waarom moet ek begrafnisversekering uitneem?

Begrafnisversekering - Bloemfontein MakelaarSoos jy weet gaan ons almal dood en soms wanneer dit ongeleŽ is. Begrafnis versekering betaal uit gewoonlik binne 48 uur nadat al die nodige dokumente ingedien is. Dit is 'n kontant bedrag wat uitbetaal aan jou begunstigdes om die begrafnis kostes te dek.

Moet nie lewensdekking met begrafnis versekering verwar nie want lewens dekking betaal nie binne† 48 uur uit nie en die begrafnis ondernemings soek kontant en stuur nie graag die kostes van die begrafnis na jou boedel toe nie.

Hoeveel begrafnisversekering moet ek uitneem?

Die bedrag van begrafnisversekering moet die volgend kostes betaal.

  • Die totale begrafnis of verassings kostes.
  • Reiskostes en verblyf van familie wat dit nie kan bekostig nie.
  • Indien jy getroud is moet daar geld vir jou gade beskikbaar wees vir 'n paar maande want al jou geld en rekenings word gevries en gaan in jou boedel in.

Indien jy jou eie besigheid bedryf moet daar ook kontant beskikbaar wees om die lopende uitgawes vir 'n tyd te dek soos salarisse en huur geld.

Wat kos begrafnisversekering?

Begrafnisversekering is duurder as lewensdekking want dit betaal binne 48 uit. Die versekering kan by begrafnisversekeringsinstansies uitgeneem word maar dit kan ook by jou bestaande lewens versekering polis bygevoeg word wat goedkoper is want daar word nie ekstra administratiewe kostes betaal nie omdat dit 'n byvoeging is tot jou bestaande versekering.

Jy het wel 'n opsie om jou aanvanklike premie van jou begrafnis versekering goedkoper te maak deur 'n verpligte jaarlikse groei uit te neem. Dit is gewoonlik 5% per jaar. Aanvanklik is die premie goedkoper maar oor die lang termyn is die premie duurder as die een sonder die verpligte groei.