Wat is inkomste beskermer voordeel?

Inkomste beskermer voordeel betaal 'n gekose maandelikse inkomste vir 'n vasgestelde tydperk indien jy as gevolg van 'n siekte of 'n besering nie jou beroep kan beoefen nie.

Watter keuses inkomste beskermer voordeel is beskikbaar?

Inkomste beskermer - Bloemfontein Makelaar

  1. Wagtydperk voordat jy 'n inkomste verdien:
    Jy het 'n keuse van 7 dae, 1 maand of 3 maande wag periode voordat die maandelikse betaling van 'n inkomste moet begin. Hoe langer die tydperk is voor jy 'n maandelikse inkomste kry hoe goedkoper is die premie op die produk.

  2. Termyn van die betaling van die voordeel:
    Die inkomste beskermer kan vir jou 'n maandelikse inkomste betaal vir 'n tydperk van 6 maande, 12 maande of selfs 24 maande. Hoe korter die tydperk is waarvoor jy voorsiening maak vir 'n maandelikse inkomste hoe goedkoper kos die produk. Onthou net dat die inkomste beskermer stop na die termyn al is jy nog steeds ongeskik om te werk.

Waarom moet ek inkomste beskermer uitneem?

Kan jy jouself finansieel dra vir ten minste 6 maande indien jy nie 'n inkomste verdien nie as gevolg van 'n siekte of 'n ongeluk? Indien die antwoord nee is dan moet jy daarvoor voorsiening maak deur 'n inkomste beskermer uit te neem want die bank gaan nie vir jou geld leen indien jy nie eers 'n inkomste verdien nie.

Jy moet nie inkomste beskermer verwar met ongeskiktheids dekking nie want inkomste beskermer betaal vir jou 'n maandelikse inkomste uit indien jy tydelik nie kan werk nie terwyl ongeskiktheids dekking gee jou 'n enkel bedrag indien jy glad nie meer kan werk nie.

Hoeveel ernstige inkomste beskermer moet ek uitneem?

Die bedrag wat jy maandeliks nodig het vir 'n inkomste beskermer moet al jou bestaande maandelikse uitgawes dek. Daar mag dalk ekstra uitgawes wees soos dokter, hospitaal en medisyne onkostes wat ook in berekening gebring moet word. Daar is ook 'n nie verpligte opsie om jou inkomste beskermer jaarliks saam met inflasie of teen 'n vaste persentasie koers te laat groei. Die lewe raak duurder en dit is wys indien jou inkomste beskermer saam met inflasie tred hou.

Wat kos 'n inkomste beskermer voordeel?

Die bedrag wat inkomste beskermer kos word bereken volgens die risiko wat die versekerde persoon vir die versekerings maatskappy inhou. 'n Premie vir inkomste beskermer word bepaal volgens jou ouderdom, gesondheid, geslag, beroep, kwalifikasies en rook gewoontes. Die bedrag wat jy maandeliks vir die inkomste beskermer betaal is aftrekbaar vir belasting. Die maandelikse inkomste wat jy kry indien jy 'n eis indien is belasbaar. Jy het wel 'n opsie om jou aanvanklike premie van jou inkomste beskermer goedkoper te maak deur 'n verpligte jaarlikse groei uit te neem.

Dit is gewoonlik 5% per jaar. Aanvanklik is die premie goedkoper maar oor die lang termyn is die premie duurder as die een sonder die verpligte groei. Die premie is ook goedkoper indien jy die inkomste beskermer slegs vir 'n kort termyn uitneem en nie tot ouderdom 65 wanneer die voordeel staak nie.