Wat is ongeskiktheidsdekking?

Hierdie voordeel betaal 'n enkelbedrag uit indien jy nie die pligte van 'n beroep kan uitvoer nie - hetsy jou eie beroep of 'n beroep wat redelikerwys van jou verwag kan word om te volg as gevolg van die graad van ongeskiktheid. †'n Wagtydperk van tot 6 maande is van toepassing voordat 'n eis erken sal word. Die voordeel verval indien jy die ouderdom van 65 jaar bereik het.

Watter soort ongeskiktheidsdekking is beskikbaar?

  1. Ongeskiktheid vir eie beroep en redelike alternatiewe beroep:
    Die voordeel betaal uit by permanente onvermoŽ van die versekerde lewe om voort te gaan met die gereelde beroep wat jy beoefen het onmiddellik voor die funksionele inkorting. Sowel as 'n beroep redelikerwys van jou kan verwag word om te beoefen, met inagneming van jou opvoeding, opleiding en ondervinding.

  2. Ongeskiktheid vir eie beroep:
    Die voordeel betaal uit by permanente onvermoŽ van die versekerde lewe om voort te gaan met die gereelde beroep wat jy beoefen het onmiddellik voor die funksionele inkorting.

Waarom moet ek ongeskiktheidsdekking uitneem?

Ongeskiktheidsdekking - Bloemfontein MakelaarDie meeste mense maak op hul inkomste staat om finansieel te oorleef, maar se nou jy kan skielik nie meer werk nie wie gaan vir jou en jou gesin sorg? Iemand moet dalk vir jou ook sorg wat nog 'n groter finansiŽle uitgawe is. In die lig is dit uiters belangrik om ongeskiktheids dekking uit te neem sodra jy 'n inkomste verdien want jy wil tog nie dat jou familie vir jou lewenslank moet sorg sonder dat jy geldelik bydra nie.

Hoeveel ongeskiktheidsdekking moet ek uitneem?

Die ongeskiktheids dekking bedrag wat jy nodig het om jou skuld en die versorging van jou en jou gesin te betaal vir 'n sekere termyn verskil van persoon tot persoon. Vra vir jou makelaar om vir jou 'n behoefte ontleding te doen by ongeskiktheid om die bedrag te bepaal wat jy nodig het. Daar is ook 'n nie verpligte opsie om jou ongeskiktheids dekking jaarliks saam met inflasie of teen 'n vaste persentasie koers te laat groei.

Die lewe raak duurder en dit is wys indien jou ongeskiktheids dekking saam met inflasie tred hou.† Dit is ook raadsaam om 'n premie kwytskelding voordeel saam met jou ongeskiktheids dekking te neem. Dit beteken dat wanner jou ongeskiktheids dekking uitbetaal die versekerings maatskappy die maandelikse premies op die bestaande voordele wat nog op die polis is verder gaan betaal.

Wat kos ongeskiktheidsdekking?

Die bedrag wat ongeskiktheids dekking kos word bereken volgens die risiko wat die versekerde persoon vir die versekerings maatskappy inhou. 'n Premie vir ongeskiktheids dekking word bepaal volgens jou ouderdom, gesondheid, geslag, beroep, kwalifikasies en rook gewoontes. Jy het wel 'n opsie om jou aanvanklike premie van jou ongeskiktheids dekking goedkoper te maak deur 'n verpligte jaarlikse groei uit te neem. Dit is gewoonlik 5% per jaar. Aanvanklik is die premie goedkoper maar oor die lang termyn is die premie duurder as die een sonder die verpligte groei.

Die premie is ook goedkoper indien jy die ongeskiktheids dekking slegs vir 'n korter termyn uitneem as tot ouderdom 65. Indien jy lewensdekking by die polis gevoeg het kan jy die ongeskiktheids dekking as 'n versneller saam met die lewensdekking plaas wat goedkoper kos. Jy moet net besef dat indien jy 'n eis onder ongeskiktheids dekking het dan word die bedrag wat uitbetaal van die lewens dekking afgetrek. As die lewensdekking en die ongeskiktheids dekking die selfde bedrag was dan verval die lewensdekking op jou polis.