Laai Excel Dokument Hier Af

Voltooi die inligting wat gevra word so volledig as moontlik en e-pos dit vir my by. Ek kontak u graag oor die uitslag van die ontleding met aanbevelings waar moontlik

Funksionele Inkorting Deur Schalk van Wyk Makelaar

Funksionele inkorting - Bloemfontein MakelaarFunksionele inkorting voordeel betaal uit by 'n permanente onvermoë om 'n voldoende getal take uit te voer of aan 'n voldoende getal kriteria te voldoen ingevolge die dagtaketoets. 'n Wagtydperk van tot 6 maande is van toepassing voordat 'n eis erken sal word. Die voordeel verval indien jy die ouderdom van 65 jaar bereik het. Die dekking moet nie met Ongeluk dekking verwar word nie.

 

Waarom moet ek funksionele inkorting voordeel uitneem?

Dit is 'n handige voordeel want dit betaal vir jou 'n bedrag uit al kan jy nog werk.

 

Hoeveel funksionele inkorting voordeel dekking moet ek uitneem?

Dit is baie moeilik om te bepaal hoeveel dekking jy benodig want dit verskil van persoon tot persoon en dit moet met jou makelaar bespreek word. Daar is ook 'n nie verpligte opsie om jou funksionele inkorting voordeeljaarliks saam met inflasie of teen 'n vaste persentasie koers te laat groei. Die lewe raak duurder en dit is wys indien jou funksionele inkorting voordeel saam met inflasie tred hou.

 

Wat kos funksionele inkorting voordeel?

Die bedrag wat funksionele inkorting voordeel kos word bereken volgens die risiko wat die versekerde persoon vir die versekerings maatskappy inhou. 'n Premie vir funksionele inkorting voordeel word bepaal volgens jou ouderdom, gesondheid, geslag, beroep, kwalifikasies en rook gewoontes. Jy het wel 'n opsie om jou aanvanklike premie van jou funksionele inkorting voordeel goedkoper te maak deur 'n verpligte jaarlikse groei uit te neem. Dit is gewoonlik 5% per jaar. Aanvanklik is die premie goedkoper maar oor die lang termyn is die premie duurder as die een sonder die verpligte groei.

 

Die premie is ook goedkoper indien jy die funksionele inkorting voordeel slegs vir 'n korter termyn uitneem as tot ouderdom 65. Indien jy lewensdekking by die polis gevoeg het kan jy die funksionele inkorting voordeel as 'n versneller saam met die lewensdekking plaas wat goedkoper kos. Jy moet net besef dat indien jy 'n eis onder funksionele inkorting voordeel het dan word die bedrag wat uitbetaal van die lewens dekking afgetrek. As die lewensdekking en die funksionele inkorting voordeel die selfde bedrag was dan verval die lewensdekking op jou polis.