Schalk van Wyk Makelaars is by die Financial Services Board (FSB) geregistreer as 'n gemagtigde finansiële dienste verskaffer met lisensie nommer 17315. Schalk van Wyk is 'n onafhanklike versekeringsmakelaar en is in die bedryf vanaf 1982. My kantoor is gestasioneer in Bloemfontein.
Schalk van Wyk Makelaars is 'n lid van Masthead wat daar gestel is om onafhanklike versekeringsmakelaars se belange te beskerm. Masthead oudit my praktyk volgens die FSB se vereistes wat deur wetgewing bepaal word. Ek nooi u hartlik uit om van my dienste gebruik te maak deur my te kontak of 'n e-pos te stuur.
U kan nou 'n Dood & Ongeskiktheid ontleding gratis aanlyn doen. Laai die "Excel dokument" af (of kliek op die foto aan die regterkant) en voltooi die inligting wat gevra word so volledig as moontlik en e-pos dit vir my. Ek kontak u graag oor die uitslag van die ontleding met aanbevelings waar moontlik.